Inhoud


 

Voorbrief
1 Bloedbad

 

DEEL 1: ONTWOERDING

2 Wakker geskud in voorvaderland
3 Heropvoeding in vyandsland
4 Tuiskoms?

DEEL 2: VERMENSLIKING

5 Verkenning
6 Verdieping
7 Ver-één-iging

DEEL 3: BANDE VAN BLOED

8 Familieverraad
9 Kleinkindverantwoordelikheid
10 Ons Vader

 

11 Inimba– Baarmoedermedelye

 

Biografie


Wilhelm Verwoerd is in 1964 in Pretoria gebore, in die hoogty van apartheid. Sy oupa was die destydse eerste minister, dr. Hendrik Verwoerd.

In die vroeë 1990’s sluit hy hom by die ANC aan en werk hy as navorser vir die Waarheids-en-versoeningskommissie. Hy doseer ook politieke filosofie en toegepaste etiek aan die Universiteit Stellenbosch. In Ierland werk Wilhelm van 2002 tot 2011 as ’n koördineerder en fasiliteerder by die Glencree Survivors and Former Combatants-program (www.glencree.ie). Saam met Alistair Little ontwikkel hy ’n proses genaamd Journey through Conflict om verhoudings tussen mense wat deur ernstige konflik verdeel is te heel. Hulle publiseer ’n inleiding tot die werk as Journey through Conflict Trail Guide.

In 2012 keer Wilhelm na Suid-Afrika terug om versoeningswerk plaaslik voort te sit en kreatiewe maniere te soek waarop die komplekse nalatenskap van apartheid getransformeer kan word. Hy woon in die Lynedoch Ecovillage, buite Stellenbosch.

Wilhelm se boeke sluit in Viva Verwoerd?, My Winds of Change en Looking Back, Reaching Forward: Reflections on the South African Truth and Reconciliation Commission (met Charles Villa-Vicencio as mederedakteur).

Hy het aan die Universiteit van Oxford ’n MA behaal en aan die Universiteit van Johannesburg ’n PhD in filosofie. Hy was ’n direkteur van Beyond Walls Ltd en is ’n navorser binne die Universiteit Stellenbosch se Beyers Naudé-sentrum vir Openbare Teologie.

Kontak


Maak kontak met Wilhelm
 

Naam*

E-pos-adres*

Boodskap*